Local newsNewsNews

Sendingsaksie bring gelowiges bymekaar op die Amfiteater

"Ons was 7 gemeentes wat verskeie sending-organisasies genooi het om bekendstellings van hulle werk te doen en ook werwing te doen van jongmense wat moontlik die sendingveld wil betree.”

518 Mission Movement het ‘n sendingsaksie in die Amfi op die NWU Potchefstroomkampus, op 30 Augustus aangebied.

Die naam 518 Mission Movement is afgelei van die 5de boek in die Nuwe Testament, die eerste hoofstuk en die 8ste vers. Dus verwys 518 na Handelinge 1: 8 “8Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld.”

Die betrokke gemeentes was Kandelaar Studente-gemeente, EveryNation, Gereformeerde Kerk Potchefstroom Die Bult, Hervormde Kerk Studente-gemeente, Kruispunt Duet Gemeente, Shofar Christian Church Potchefstroom, en die Afrikaanse Protestante Kerk.

Dominee Willem Steyn, Ds. By GK Die Bult, se, “Ons is dankbaar dat G5 (GK Die Bult Studente) kon deel wees van die sendingaksie. Ons was 7 gemeentes wat verskeie sending-organisasies genooi het om bekendstellings van hulle werk te doen en ook werwing te doen van jongmense wat moontlik die sendingveld wil betree.”

Die sending-organisasies wat deelgeneem het aan die uitstalling was World Outreach, Bybelgenootskap van Suid-Afrika, Global Challenge, OM Suid-Afrika, Frontiers, Fire&Frangrance, Afrika In Land Mission, Children Evangelism Fellowship en Harvesters.

Ds. Steyn se verder, “Gaan volg gerus die beweging(518) op Instagram om meer inligting oor die organisasies, asook ook volgende aksies te verkry. Mag die evangelie wêreldwyd verkondig word!”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button