Local newsNewsNews

Gesin verloor alles in vlamme

‘n Huis in Kockstraat het vanmiddag omstreeks 14:00 begin afbrand. Martie, Willem, Jaco, en Klara van der Merwe, inwoners van die huis, het alles in die brand verloor. Die van der Merwes was nie by die huis toe die brand begin het nie en niemand is beseer nie. “Die bure het gebel en gesê ons …

‘n Huis in Kockstraat het vanmiddag omstreeks 14:00 begin afbrand. Martie, Willem, Jaco, en Klara van der Merwe, inwoners van die huis, het alles in die brand verloor. Die van der Merwes was nie by die huis toe die brand begin het nie en niemand is beseer nie.

Die gang se plafon is heeltemal weg, terwyl daar gate in die plafon in ander vertrekke te sien is.

“Die bure het gebel en gesê ons huis brand af. Hulle het ook dadelik die brandweer gebel,” sê Martie.

Klara, ‘n leerder van Baillies, se kamer het heeltemal afgebrand. Klara het vooroor gebuig in skok toe sy sien dat niks van haar kamer oor is nie. “Mamma, my foon was daar binne. En wat van my klere?” huil Klara onophoudelik terwyl sy staar na die verkoolde vertek wat eens haar kamer was.

Klara van der Merwe, ‘n Bailliepark Laerskool-leerder, se kamer is in totaliteit afgebrand.

“Ek weet nie wat die pad vorentoe is nie, ek is net dankbaar my kinders en honde was nie in die huis nie.”

Jaco van der Merwe hou hul honde rustig terwyl die brandweer vertrek.

Die brandweer, ER24, en Mooirivierbeskerming was op die toneel. Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie.

ER24, Mooirivier Beskerming, en die brandweer was op die toneel.

Indien jy kan help met kos, klere, of geldelike skenkings, kontak Martie by 072 836 7253 of Ryno Oosthuizen, ‘n vrywilliger, by 062 692 4662.

Die gesin het alles in die brand verloor.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button