SportSport

Gimmies wys veggees onder druk om Volkies in T20 finaal te klop

Gimmies wys hul staal onder druk en klop Volkies met 7 lopies in die NW T20-eindstryd wat in die laaste boulbeurt beslis is. Volkies verloor hul laaste 9 paaltjies vir slegs 58 lopies in 'n kolfineenstorting.

Die spanning het soos gewoonlik geknaag toe Gimmies en Volkies se eerste krieketspanne mekaar in ‘n finaal vanmiddag (Donderdag, 21 September) by Witrand aanvat.

Gimmies wys hul staal onder druk en klop Volkies met 7 lopies in die NW T20-eindstryd wat in die laaste boulbeurt beslis is.

Gimmies se boulers kry dit reg om Volkies vir 117 almal uit in 19.3 boulbeurte uit te boul. Die linkerarm swaaibouler, Zavier van Rensburg (2/15) vat Diaan van der Merwe se paaltjie toe Volkies 8 lopies van 4 balle kort.

Van der Merwe het sy bes probeer om ‘n grenshou te slaan, maar kon net Gimmies se kaptein, Marnu Cronjé op die grens vind.

So eindig die wedstryd in Gimmies se guns na hulle ‘n ongelooflike terugvegpoging loods.

Foto’s: Wouter Pienaar

Min mense sou Gimmies kans gegee om Volkies te klop na hulle slegs 124/5 kon aanteken.
Tommie Botha (47 van 54 balle) en Righardt Joubert (25 van 25 balle) het die fort vir Gimmies gehou terwyl Volkies goeie druk met die bal toegepas het.

Volkies was op ‘n stadium op goeie dreef in hul lopiejaagtog met die telling op 59/2 na 6 boulbeurte. Ludwich Schuld met 20 (9) en Attie Liebenberg (26 van 18 balle) het wel hul paaltjies op kritieke tye verloor. Dit was die groot visse wat Gimmies moes vang om ‘n kans te kon staan.

Daarna is die ark oop met Caiden Seleka (2/9) en Christiaan Viljoen (3/16) wat met die bal vir Gimmies met uitblink.

Toe Louis van Wyk vir 31 (30) uit is met die telling op 89/5 en Janco Moolman vir 0 kort daarna was Gimmies se gemoedere hoog en kon hul oorwinning ruik.

Verdere paaltjies en puik vangskote was tekenend van hoe Gimmies aanhou veg het en nie hul wenposisie weggegooi het nie.

Volkies sal terugkyk na ‘n wedstryd wat hul onder die omstandighede moes wen. Onder druk het hul kolwers wel nie die regte besluite geneem nie.

Krediet moet ook aan Gimmies gegee word. Hulle het aanhou geglo, vir hul veld geboul en hul vangskote benut om die wedstryd te beklink.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button