Local newsNewsNews
Twee oorlede na botsing op N12
Twee motorvoertuie was in hierdie botsing betrokke wat ongeveer 20:15 gisteraand gebeur het.
Twee mense is oorlede na ‘n motorongeluk wat gisteraand (Donderdag, 21 September) by die verkeerslig op die hoek van Rossstraat (Potch Industria) en die N12 plaasgevind het.
Twee motorvoertuie was in hierdie botsing betrokke wat ongeveer 20:15 in die rigting van Klerksdorp op die N12 plaasgevind het.
Altwee oorledenes was in die een voertuig, terwyl passasiers in die tweede voertuig nie ernstige beserings opgedoen het nie.
Die pad was ook vir ‘n geruime tyd in die rigting van Potchefstroom gesluit.
Mooirivier Beskerming First Responder, ER24, Provinsiale Nooddienste, brandweer en polisie was op die toneel.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!





