Een persoon oorlede in Wandellaan-brand
ʼn Lyk is vanoggend (Donderdag, 28 September) gevind na ‘n brand wat gister omstreeks 13:00 by die Wandellaan op die hoek van Walter Sisululaan en die N12 plaasgevind het.

ʼn Lyk is vanoggend (Donderdag, 28 September) gevind na ‘n brand wat gister omstreeks 13:00 by die Wandellaan op die hoek van Walter Sisululaan en die N12 plaasgevind het.
Dit is tot dusver die enigste sterfte as gevolg van hierdie brand.
Noordwes polisiewoordvoerder, kapt. Sam Tselanyane, het bevestig dat ʼn lyk gevind is, maar dat die geslag nog nie bevestig kon word nie.
Die brandweer, sowel as provinsiale en privaat nooddienste (ER24) is gister dadelik ontbied, veral toe daar eers aangemeld was dat die brand by die Kings Hotel langs die N12 uitgebreek het.
Kyk die video hier:
Daar is wel vasgestel dat dit toe nie die Kings Hotel was nie. Die gebou wat gebrand het, het uit drie klein klerebesighede op die grondvloer bestaan, sowel as woonstelle op die eerste verdieping.
Volgens J.B. Marks Munisipale woordvoerder, Jeanette Tshite het dit die brandweer ongeveer een uur geneem om die brand te blus.
“Verskeie brandbestrydingsstrategieë is aangewend, aangesien een baan van die Nelson Mandela-rylaan (N12) gesluit was, terwyl die vuur geblus word,” noem sy.
Tshite het ook genoem dat ‘n ondersoek rondom die brand nog voortduur en die eienaar van die gebrande eiendom nog nie vasgestel is nie.