Local newsNewsNews

Kabeldiefstal steeds ‘n wesenlike probleem

Inwoners in verskeie gebiedehet die afgelope twee maande onder kabeldiefstal gebuk gegaan. Daar was veral ‘n tendens in wyk 5 en wyk 15, maar in September blyk daar om ‘n afname te wees in vergelyking met vorige maande. Volgens een van die inwoners, Altus Snyman was daar in wyk 5 die laaste keer aan die …

Inwoners in verskeie gebiedehet die afgelope twee maande onder kabeldiefstal gebuk gegaan.

Daar was veral ‘n tendens in wyk 5 en wyk 15, maar in September blyk daar om ‘n afname te wees in vergelyking met vorige maande.

Volgens een van die inwoners, Altus Snyman was daar in wyk 5 die laaste keer aan die einde van Augustus in Nieuwe- en OR Tambostrate ‘n voorval.

Dit beteken nie dat daar nie steeds kragkabeldiefstal in ander areas van die dorp plaasvind nie.

Daar is die afgelope paar weke kabeldiefstal in Goudstraat en Rivierstraat gerapporteer.

Volgens wyk 5 raadslid, Heinricha Hodgson, het sy al vrae rondom kabeldiefstal aan die munisipale bestuurder gerig, maar nog nie antwoorde ontvang nie.

Sy noem ook dat inwoners ure sonder krag is aangesien kabelvoorraad ‘n probleem is.

Die munisipaliteit het glo nog nie ‘n saak by die polisie rondom kabeldiefstal gerapporteer nie.

Volgens Hodgson is daar minstens 14 verskillende gevalle wat nie aan die polisie gerapporteer is nie.

* Die munisipaliteit het teen druktyd nie op die Herald se navrae gereageer nie.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button