SportSport

SA Sweeftuigkampioenskappe op Potch se voorstoep

Wêreldklas sweeftuigvlieëniers kom aan die kompetisie vanaf 29 September- 7 Oktober deelneem.

Jonker Sailplanes bied hierdie komende week ‘n sweeftuigskouspel aan wanneer die 2023 SA Sweeftuig Kampioenskappe vanaf 29 September tot 7 Oktober by die Potchefstroom Vliegveld plaasvind.

Wêreldklas sweeftuigvlieëniers kom aan die kompetisie deelneem. Dit is jaarliks ‘n reusebyeenkoms op die sweeftuigkalender. Groot name soos Oscar Goudriaan, Uys Jonker en Stefan Langer gaan hier deelneem. Jonker Sailplanes bedank graag al hul borge wat tot die sukses van hierdie kampioenskappe bydra.

Lede van die publiek is welkom om die kampioenskappe by te woon. Die publiek kan ook enige navrae aan potchgliding@gmail.com rig.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button