Local newsNewsNews

Drie gewapende rowers op die Bult vasgevang

Drie gewapende rowers is gisteraand (Vrydag, 29 September) net voor 23:00 in Malherbestraat gearresteer nadat hulle 'n vrou beroof het.

Drie gewapende rowers is gisteraand (Vrydag, 29 September) net voor 23:00 in Malherbestraat gearresteer, danksy die hulp van Cachet Park CID CCTV-beeldmateriaal sowel as vinnige reaksie van Mooirivier Beskerming en NWU Beskermingsdienste.

Die gewapende rowers het ‘n vrou omstreeks 22:47 glo van haar selfoon op die hoek van Venter en Steve Bikostrate op die Bult beroof. Kameraoperateurs het die voorval op die CCTV-beeldmateriaal opgemerk, waarna reaksie na die toneel is.

Die verdagtes is toe so 2 kilometer verder in Malherbestraat vasgetrek.

Polisie het die verdagtes is op die toneel gearresteer nadat die vrou hul identifiseer het. Polisie het ook die verdagtes se voertuig in beslag geneem.

Wapens en moontlik gesteelde goedere was ook in die verdagtes se besit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button