Gee ‘n tweede kans vir Zesta en Smiley
Smiley glimlag breed wanneer hy besoek word, en het so sy naam gekry. Zesta is baie lief vir kinders en sal ‘n perfekte gesinshond maak.
Zesta is ‘n groot Jack Russel wat vanaf Julie 2022 by PAWS bly. Hy is vyf jaar oud en het ‘n rustige persoonlikheid.


Zesta is baie lief vir kinders en sal ‘n perfekte gesinshond maak. Hy is vriendelik en stap baie mooi op ‘n leiband. Zesta is al vir meer as ‘n jaar by PAWS en die PAWS-span hoop dat hy vinnig ‘n huis sal kry.
Smiley is ‘n lewendige hond van gemengde ras en is twee jaar oud. Hy glimlag breed wanneer hy besoek word, en het so sy naam gekry. Smiley het Januarie 2023 by PAWS aangekom, en is sedertdien nog nie aangeneem nie. Hy is mal oor water, en swem en met kinders speel is sy gunsteling aktiwiteite.
Smiley is baie vriendelik en lewendig, en sal fantasties inpas by ‘n gesin met jong kinders. Smiley en Zesta is hokmaats, en die PAWS-span hoop dat albei ‘n geliefde gesin sal kry.
Indien jy belangstel om Zesta of Smiley te sien of aan te neem kan jy PAWS besoek by 2 Viljoenstraat, Miederpark, Potchefstroom, of skakel by 071 681 9264.





