Local newsNewsNews

Boekwurms geniet hul gate uit by Aardklop

Die alombekende ATKV Boeke-oase sowel as talle aktuele-en boekgesprekke is gratis beskikbaar by The Roots in MC Roode-rylaan vanjaar. 

Die alombekende ATKV Boeke-oase sowel as talle aktuele-en boekgesprekke is gratis beskikbaar by The Roots in MC Roode-rylaan vanjaar.

The Roots Sonkamer is die plek om te wees vir interessante gesprekke met veelvuldige temas en sprekers wat aan die woord is.

Foto’s: Wouter Pienaar

Vanmiddag (Donderdag, 5 Oktober) was die skrywers, Ivor Swartz en Madelein Rust in gesprek oor vrees, depressie en hoe daar weer vrede uit die donkerte gevind kan word. Theo Vorster, Amore Bekker sowel as Kabous Meiring was van die bekende name wat ook interessante temas bespreek het.

Vrydag (6 Oktober) en Saterdag (7 Oktober) kan daar wees na ‘n wye reeks gesprekke uitgesien word saam met onder andere, Erla Diedericks en Morné Malan, Johann Rossouw en Thys Human, PJ & Geo Botha, Chris Vorster en Dawie Boonzaaier.

Lees hier vir meer inligting oor die tye:

Smulpape kan terseldertyd oorbeweeg na die verskillende leefstylareas by The Roots wat ‘n verskeidenheid kos-ervaringe aanbied. Dit sluit in Craft Beer and Street Food met Brauhaus, Food Theatre: Silwerdoekdisse en Kaapse wyn en fyngebak (altwee aangebied deur sjef Nathan Robinson).

Elke boek onder die son kan ook by die ATKV Boeke-oase gevind word. Daar is ook sagte banke om rustig te sit en lees of net te ontspan.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button