In memoriam: Mercia Mostert
Die familie nooi die publiek om saam te kom afskeid neem op Saterdag, 7 Oktober 2023 om 14:00
Mercia Mostert (68) is op 2 Oktober 2023 oorlede. Sy was ‘n geliede ma, ouma en vriende wat nou te ruste lê by haar Hemelse Vader.
Die familie is dankbaar vir elkeen se gebede, boodskappe en oproepe.

“Met groot hartseer moes ek Ouma groet onverwags. Mag die pad vorentoe vir Ouma ‘n lied vol vreugde en blydskap wees. Baie trane wat val weet ek ons gaan mekaar weer sien. Veilige reis my Ouma,” noem haar kleindogter, Jua-né Wilmans.
“Met ‘n lied in my hart weet ek my moeder is veilig en rustig. Ons tyd saam was kort maar die herinneringe sal bly vir ewig. Rus sag Ma tot weersiens,” noem haar dogter Celesté.
“Vriendin ek gaan jou vreeslik mis. Ons het nie baie die afgelope ruk gesels nie maar in my hart en gedagtes was jy altyd. Mag jy sag rus aan die voete van Jesus,” sê haar vriendin, Reneé Botha.
Die familie nooi die publiek om saam te kom afskeid neem op Saterdag, 7 Oktober 2023 om 14:00. Mostert se diens gaan by die ou begrafplaas plaasvind en daarna gaan die diens verder aan by AGS Miederpark vir verversings.



