Local newsNewsNews

Aardklop: “Goed wat wag om te gebeur” raak diep in mens se siel

Hierdie teaterstuk los die gehoor het die eeue-oue vraag: Waarom bly vrouens by geweldadige alkoholiste in plaas van hul kinders vat en ‘n beter uitkoms skep?

“Goed wat wag om te gebeur” beeld realiteite so fyn uit dat dit aan ‘n mens raak en jou met diepe vra oor die samelewing laat.

‘Goed wat wag om te gebeur’  se verhoog-uiteensetting skep ‘n gevoel van onheilspellende verlatenheid. ‘n Eensame, ingeleefde bank staan omring met leë drankbottels. ‘n Skildery staan eenkant, ‘n swart doek verskuil dit van die gehoor.

Die beeld skep ‘n gevoel van verlatenheid, maar tog krap iets in die agterkant van jou brein rond. ‘n Vorm van afwagting, asof jy kan aanvoel dat die beeld nie so verlate is soos dit voorkom nie.

Skimme van die verlede begin op die verhoog ronddans wanneer Gideon Lombard, die hoofkarakter, die verhoog betree. Hy staan vir ‘n wyle net en staar vir die bank, voor hy diep in die bottel begin kyk en nog dieper in sy verlede begin rondgrawe.

Hendrikkie word bespook met herinneringe van sy verlede. Foto: Verskaf.

Dit skep ‘n hartseer maar bekende beeld. Alkoholis-pa en vasbyt-ma, en die gesin val uit mekaar. Gideon, of dan “Hendrikkie”, bespreek deurentyd die wonders en laste van DNA. Hy impliseer dat hy sy alkoholis-pa se DNA gekry het, maar dat daar nie iets konkreet is wat bepaal dat hy soos sy pa sal uitdraai nie.

Sy drie leë drankbottels en reeds ‘n vierde een in die hand dui aan dat DNA tog ‘n aansienlike faktor is wat aandui hoe jou toekoms gaan lyk.

Antoinette Kellerman speel Hendrikkie se ma, en tekens van ‘n marteling lê in swaar lyne oor haar gesig en lyftaal. Sy klou morbied vas aan die verlede in ‘n poging om te bewys dat sy tot die beste van haar vermoë haar kinders beskerm het.

Emma Kotze is Hendrikkie se heelwat-ouer suster, en het reeds duidelike tekens van mishandeling en geweld in haar optrede. Sy smeek by Hendrikkie om sterk te wees en terug te weg voor sy wegvlug en ‘n beter lewe vir haarself probeer skep.

Soos wat die drank in sy keel afvloei warrel vergete herinneringe na bo, en Hendrikkie beweeg van woede na ‘n verslae aanvaarding dat hy verantwoordelik is vir sy drankverslawing.

Die stuk los die gehoor het die eeue-oue vraag: Waarom bly vrouens by geweldadige alkoholiste in plaas van hul kinders vat en ‘n beter uitkoms skep?

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button