Local newsNewsNews

Magda Louw

Magda Louw beskryf haar lewensbeker-fase as “Jy weet daai laaste bietjie ou, koue koffie onder in die beker? Dis waar ek nou is.” Magda is ‘n komiese middeljarige vrou wat die skete en pyne van ouvrou-word met die gehoor deel. Sy word deur Desiré Gardner gespeel en is ‘n ware moeder in die sin dat …

Magda Louw beskryf haar lewensbeker-fase as “Jy weet daai laaste bietjie ou, koue koffie onder in die beker? Dis waar ek nou is.”

Magda is ‘n komiese middeljarige vrou wat die skete en pyne van ouvrou-word met die gehoor deel. Sy word deur Desiré Gardner gespeel en is ‘n ware moeder in die sin dat sy vir almal dink. Selfs vir die tegniese span, toe sy hulle herinner om met die gehoor te praat oor selfoon-gebruik, nadat dit reeds behandel is.

Desiré self is 37 jaar oud, en beeld die Magda-karakter fantasties uit deur haar lyf en gesig te gebruik om ‘n ouer vrou uit te beeld. Magda word verder uitgebeeld deur gereelde “ja”, “jy weet”, “my kind” en knipperende oë tussen sinne.

Magda is vermaaklik verby en die gehoor is konstant aan die lag vir haar staaltjies en maniertjies.

Magda deel goeie lewensraad uit, en wys aan die gehoor uit dat om negatief te wees sleg is vir jou, aangesien dit die “kort-‘n-zol” in jou liggaam dispers. Sy laat die gehoor skaterlag deur uit te wys dat almal tydens Covid vergeet het hoe om te ruik en proe, en sê verder dat mense dokter toe gegaan het omdat hulle kan proe.

Magda is ‘n uiters interaktiewe karakter, en betrek die gehoor by haar mannewales. Sy sonder mense uit deur gesprekke met hulle te voer. Die gehoor kry egter nie kans om te reaggeer nie, aangesien Magda konstant aan die praat is, het sy reeds antwoorde gereed. Haar uitbeeldings van ‘n tipiese middeljarige Afrikaanssprekende vrou sal jou laat opkrul van die lag.

Magda gee voor om ‘n groot plaas-kenner te wees, maar die gehoor besef vinnig dat sy nie gereeld op ‘n plaas kom nie. Haar bepsrekings van die verskil tussel spilpunte en spilspunte maak dit duidelik dat die aanbieding nie vir ‘n jonger gehoor is nie.

Die gehoor sal aanklank kan vind by Magda. Elkeen van ons het ‘n Magda in ons lewens.

‘Magda Louw word vir ‘n laaste keer op 7 Oktober 10:00 by die Beeld Ouditorium aangebied.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button