Local newsNewsNews
Groot pret by Huis Hebron hierdie Saterdag
Huis Hebron hou hierdie komende Saterdag, 14 Oktober ‘n opwindende drie-in-een byeenkoms wat ‘n veiling, pretdraf en bergfietswedren insluit.
Huis Hebron hou hierdie komende Saterdag, 14 Oktober ‘n opwindende drie-in-een byeenkoms wat ‘n veiling, pretdraf en bergfietswedren insluit.
Die veiling is die hoogtepunt van die dag met allerhande interessanthede wat beskikbaar sal wees. Dit sal om 10:00 begin. Die pretdraf (5 km, 10 km en 25 km) sowel as die bergfietswedren (10 km, 25 km en 50 km) vind om 06:00 plaas.

Al die pret vind op Huis Hebron se gronde plaas wat geleë is op die R54 (Vereenigingpad) sowat 15 km uit Potchefstroom.
Inskrywings is aanlyn beskikbaar by https://www. entryninja.com/events/79626- hebron-fun-run https://www.entryninja.com/ events/79628-hebron-mtb-race
Vir meer inligting kontak Marius Terblanche by 083 292 7762.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



