Local newsNewsNews

Herstelwerk begin by Chris Hani pompstasie

Herstel- en installasiewerk is na 'n lang wag by Chris Hani pompstasie ebgin.

Chris Hani Pompstasie funksioneer al vir ‘n paar jaar nie op volle kapasiteit nie. Die pompstasie het twee stukkende pompe as gevolg van onder andere infrastruktuur instandhouding wat nie plaasgevind het nie.

Heinricha Hodgson, wyksraadslid van wyk 5 het voorheen gesê dat nuwe pompe al ‘n wyle terug aangekoop is, maar installasiewerk is nie begin nie omdat diensverskaffers nie betaal was nie.

Hodgson sê dat herstelwerk nou begin het. “Ek was by die pompstasie. Die werk het begin. Hulle behoort binne twee weke klaar te wees met die installasie van 2 nuwe pompe,” sê Hodgson.  Hodgson vertel verder dat JB Marks munisipaliteitswerkers saam met ‘n kontrakteur die werk doen.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button