SportSport

Passie vir veerpyle strek ver vir hierdie groep spelers

JB Marks Veerpyltjie Assosiasie het tans 2 aktiewe klubs, Bobbies Veerpyltjie klub in Potchefstroom en die nuutgestigte Broken Arrows Veerpyltjieklub in Ventersdorp

Die JB Marks Veerpyltjie Assosiasie, geaffilieer onder Noordwes Veerpyltjie Federasie, het onlangs in nasionale kampioenskappe van Darts South Africa (DSA) in KwaZulu-Natal deelgeneem en al het hulle nie medaljes verower nie, was dit alles deel van ‘n groeiproses.

Die mikpunt is om ervaring te bou en ‘n relatiewe nuwe span gereed te kry vir volgende jaar wanneer die SA Kampioenskappe in Potchefstroom vanaf 23-29 Junie plaasvind.

Die JB Marks mansspan is Hubertus Mostert, Rudolf Meyer, Collin
Coakley, Christo van der Berg (Spanbestuurder), Steven Verster sr.,
Dirk Minny en Willem Bekker.
Die JB Marks damesspan is Claudette Cockram, Marzanne Bekker,
Letitia Mostert (spanbestuurder), Stephanie Cockram en Sanmarie
van Staden

JB Marks Veerpyltjie Assosiasie het tans 2 aktiewe klubs, Bobbies Veerpyltjie klub in Potchefstroom en die nuutgestigte Broken Arrows Veerpyltjieklub in Ventersdorp, ook geaffilieer by Noordwes Veerpyltjie Federasie onder ‘’Darts South Africa.”

Die JB Marks Veerpyltjie Assosiasie doen ‘n beroep op veerpyltjie entoesiaste om aan te sluit by die klubs of selfs net te besoek om ‘n prentjie te kry wat dit verg om aan hierdie unieke sport deel te neem. “Die oudste hotel in Potch het gesorg dat ons die kampioenskappe kon bywoon met pragtige warm baadjies. Daar was vir ons ‘n gholfdag gereël waarvan die opbrengs ons verblyf grootliks gedek het. “Ander kleiner borge het gehelp met ‘n vleisie om te braai en energie drankies te verskaf,” noem Collin Coakley, een van die spanlede van die JB Marks Veerpyltjie Assosiasie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button