Local newsNewsNews

Bailliepark egpaar verloor alles in brand

Help die egpaar só om weer op hul voete te kom.

‘n Egpaar in Hattinghstraat se meenthuis het gister, 24 Oktober totaal afgebrand.

Anné van Onselen, DA wyksraadslid in die area het dadelik begin om vir dié egpaar benodighede bymekaar te maak.

Klere, toiletware, handdoeke, ‘n haardroër, ‘n waaier en beddegoed is genoem as onmiddelike benodighede.

Die man se afmetings is as volg;

Broek: 36/38

Hemp: XL

Skoen: 11.

Die vrou se afmetings is as volg;

Broek: 10

Hemp: S

Skoen: 4.

Enige kontant skenkings kan direk in hul rekening inbetaal word. Die rekening-inligting is as volg;

  1. Vermaak

FNB Tjekrekening

Takkode: 250655

Rek nr: 628 721 204 08.

Indien enige iemand ‘n geskenkbewys van Mr Price Home, Pick & Pay, Woolworths ensovoorts wil gee, kan dit met Anné gereël word.

Kontak Anné by 082 441 4412 om skenkings te gee of uit te vind wat die egpaar nog benodig.

“Ek besef net weer wat ‘n voorreg dit is om deel te wees van ons Potch gemeenskap waar inwoners hande vat en help wanneer daar ‘n krisis is,” sê Anné.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button