Local newsNewsNews

Studente knap Abraham Kriel Kinderhuis mooi op

Die NWU Ondernemingbestuur honneursgroep het vir glimlagte gesorg toe hulle as deel van hul Project Connect-projek, Huis Alpha by die Abraham Kriel Kinderhuis geverf het.

Die NWU Ondernemingbestuur honneursgroep het vir glimlagte gesorg toe hulle as deel van hul Project Connect-projek, Huis Alpha by die Abraham Kriel Kinderhuis geverf het.

‘n Groot span het op 9 en 10 Oktober vir talle opknappings gesorg. Dit sluit die verf van die sitkamer, eetkamer en gang se mure in, asook die hele huis se deurrame. Verder is daar ook nuwe gordyne in verskeie vertrekke gehang en ‘n nuwe boekrak ingesit. Op dekorvlak is daar ook kussings op die banke in die sitkamer en tafeldoeke in die eetkamer aangebring. Donasies is ontvang om vir elke dogter ‘n gebreide ‘comfort bear’ en haarrekkies (scrunchies) te gee. Die groep bedank graag vir Veritas Manskoshuis vir hulle hulp (Theo Buys – SJGD HK en Derek van der Merwe – Primarius).

Agter: Tertius Janse van Rensburg (projekspan), Marcel Pretorius (projekspan), Robert Spence (studentevrywilliger), Theo Buys (Veritas HK-lid), Derek van der Merwe (Veritas Manskoshuis Primarius), Neashen Rabie (Veritas SJGD-lid). Voor: Rochelle Botes (projekspan), Tarien Prinsloo (studentevrywilliger), Caty Hanekom (projekspan), Megan Henning (studentevrywilliger) en Bonolo Thutlwane (projekspan).
‘n Gedeelte van Abraham Kriel wat opgeknap is.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button