Local newsNewsNews

Edwin wil weer sport beoefen met nuwe prostese

 Edwin Nelson (18), die oud-Gimmie sportster, wat vyf maande gelede sy voete in ‘n motorongeluk verloor het, het die afgelope week sy permanente kunsbene ontvang.

Edwin Nelson (18), die oud-Gimmie sportster, wat vyf maande gelede sy voete in ‘n motorongeluk verloor het, het die afgelope week sy permanente kunsbene ontvang.

Dit was ‘n vreugdevolle Maandag (23 Oktober) vir Edwin wat sedert die ongeluk ongelooflike vordering toon en met sy positiewe ingesteldheid talle ander mense om hom inspireer.

Johan Snyders, ‘n ortotis van Pretoria, was verantwoordelik vir sy prostese en om seker te maak dat dit vir Edwin soos ‘n handskoen pas. Edwin se roete met protese het in Julie begin toe hy vir die eerste keer met prostese as deel van sy rehabilitasieproses begin loop het. Nou met sy nuwe prostese kan Edwin weer die lewe tree vir tree aanpak.

“Ek het al my oefen kunsbene vir drie maande, so ek was opgewonde toe ek my permanente bene Maandag kry. Dit is baie gemakliker met my permanente bene,” vertel Edwin. Volgens hom vorder hy baie goed en dat hy alreeds sonder krukke kan loop. Hy wil ook graag weer aan sport deelneem.

“Ek is besig met sessies saam met die biokinetikus om my lyf so sterk soos voorheen te kry. Dan kan ek weer net begin kar bestuur en elke sport probeer wat moontlik is.”

Doelgerigtheid en deursettingsvermoë is onlosmaaklik deel van Edwin se reis vandat sy lewe in ‘n oogwink op Sondagoggend, 28 Mei omstreeks 04:00 verander het.

Op pad na sy huis in Vaalpark het hy beheer oor sy motor verloor en in die botsing het die staalversperring langs die Paryspad (R53) sy bene gesny. Edwin moes vir ‘n lang ruk alleen vir sy lewe veg aangesien hy baie bloed verloor het. Hy is na MediClinic Potchefstroom gehaas, waar sy bene tydens die operasie geamputeer is.

Hy het in die komende weke mediese behandeling ondergaan sowel as baie rehabilitasiewerk saam die fisioterapeute en biokinetici by Mooimed Hospitaal gedoen sodat hy kon herstel.

Hy is vroeg in Julie ontslaan waar hy tuis in Vaalpark met rehabilitasie volhard het. Hy het self al begin motor bestuur. Die nuwe prostese is spesifiek ontwerp om met Edwin se oorspronklike lengte en voetgrootte ooreen te stem.

Edwin wil so gou as moontlik weer by alles uitkom wat hy voorheen gedoen het en sien ook uit om weer te begin werk. Hy het ten tyde van sy ongeluk by ‘n familieonderneming gewerk.

“Ek wil graag aanhou om mense te inspireer en hoop vir mense te bring,” voeg Edwin by.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button