In Memoriam: Leon van Vuuren
Leon van Vuuren, eienaar van Keandra Trading is Sondag, 15 Oktober om 07:00 in Mediclinic Potchefstroom oorlede.
Leon van Vuuren, eienaar van Keandra Trading is Sondag, 15 Oktober om 07:00 in Mediclinic Potchefstroom oorlede. Leon en sy gesin het hul in 1996 vanaf Zeerust in Potchefstroom kom vestig. Hy het eers by Noordwes Kommandament Werksplaas gewerk voordat hy in 2006 sy eie besigheid as loodgieter en algemene instandhoudingsdiens begin het.
Leon was bekend vir sy goeie handewerk, bereidwilligheid om altyd te help en geen taak was vir hom te groot nie. Sy hande het vir niks verkeerd gestaan nie.

Leon word oorleef deur sy vrou Suzie, sy kinders, Johan, Sulé en Tanja asook hul eggenote, kleindogter Lehané en sy broer Gerhard en suster Amanda.
Leon van Vuuren was bykans 28 jaar ‘n inwoner van Potchefstroom.



