SportSport

Gimmies se eerste krieketspan deur na Noordvaal-halfeindstryd

Gimmies se eerste span speel weer weg teen Marais Viljoen in Alberton en die kanse is goed dat hulle vir Waterkloof in die finaal sal kry

Potchefstroom Gimnasium se eerste krieketspan het daarin geslaag om vir die Noordvaal half-eindstryd teen Marais Viljoen te kwalifiseer, nadat hulle in ‘n reën-belemmerde wedstryd vir Hoërskool Monument met 18 lopies volgende die Duckworth-Lewis metode geklop het.

Dit was ‘n briljante vertoning van Gimmies in hierdie wegwedstryd teen Monnas in Krugersdorp, waar hulle vasgebyt het om die wa deur die drif te trek.

Gimmies teken 240 almal uit aan. Hul paaltjiewagter, James Wood maak 59 (82 balle) met Caiden Seleka (43 van 29 balle) wat die langsteel in lê. Joshua McCoy met 4/43 was die top boulers vir Monument.

Die tuisspan struikel in hulle lopiejaagtog en word tot 195/8 in 38 boulbeurte beperk, voordat reën die laaste woord het.

Die linkerdraaiers, Phillip du Plessis (4/46) en Marnu Cronje (2/50) berokken die meeste skade vir Gimmies met puik boulwerk.

Gimmies se eerste span speel weer weg teen Marais Viljoen in Alberton en die kanse is goed dat hulle vir Waterkloof in die finaal sal kry, indien hul vir Marais Viljoen kan klop.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button