Local newsNewsNews

Potch sluit Oktober in Pienk af

[Potchefstroom se Pink trees for Pauline bedank inwoners en besighede vir hul toewyding aan borskanker-bewusmaking.

Pink trees for Pauline, ‘n nie-winsgewende kanker-organisasie, het vlamgevat in Potchefstroom die Oktobermaand.

Die dames want Pink trees for Pauline in Potch geanker het, Janca Nienaber, Leanie van Ronge, en Roné Steyn, het ‘n roeping op die dorp geplaas om bewustheid te skep en geld in te samel vir kanker.

Oktober word Internasionaal gewy aan borskanker-bewusmaking, en dis net gepas dat Potch in pienk gekleed was die maand.

Pink trees for Pauline het ontstaan nadat twee vroue genaamd Pauline aan borskanker oorlede is.

Janca en Roné bedank Potchefstroom vir hul oop harte en hande, “Ons is so gebless deur almal, diep uit ons harte, baie dankie,” sê Roné.

‘n Spesiale bedanking word aan Laerskool Mooirivier uitgereik wat die meeste pienk lap gekoop het.

Laerskool Mooirivier se leiers is Superheroes vir kanker.

“Hul het 60 meter lap gekoop! Ons wil ook alle besighede bedank wat skenkings gegee het. Ons het dit nie verwag nie. Baie dankie aan almal wat Potch pienk gemaak het,” sê Janca.

Alle pienk lap wat deur besighede en skole aangekoop is gaan vir Amelia Nasorg Sentrum geskenk word. “Al die pienk lappe moet in die eerste week van November af,” verduidelik Janca. “Dit kan self by Amelia afgegee word, of by Guts Tennis Akademie Potchefstroom Gimnasium,” sê Roné.

Janca bedank Potchefstroom weereens vir hul ongelooflike ondersteuning en noem dat skenkings asook die aankope van juwele, lipstiffie en wyn steeds voortgaan.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button