Local newsNewsNews

Motorvoertuig en trok bots op Chris Hanistraat-brug

Die bestuurder van 'n motorvoertuig het vanoggend (Maandag, 6 November) omstreeks 11:00 kop-aan-kop met 'n trok gebots wat bakstene vervoer het. 

Die bestuurder van ‘n motorvoertuig het vanoggend (Maandag, 6 November) omstreeks 11:00 kop-aan-kop met ‘n trok gebots wat bakstene vervoer het.

Die ongeluk het by die brug in Chris Hanistraat in die rigting van die industriële area plaasgevind.

Die bestuurder van die motorvoertuig het ernstige beserings opgedoen, terwyl die vrou aan die passasierskant geringe beserings opgedoen het. Die trokbestuurder het geen beserings opgedoen nie.

Paramedici het die pasiënte op die toneel behandel. Hulle is stabiel en na die naaste hospitaal per ambulans vervoer.

ER24, provinsiale nooddienste, polisie, plaaslike verkeer en Mooirivier First Responder was op die toneel.

Die pad was vir ‘n ruk gesluit, maar is nou weer oop vir verkeer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button