Local newsNewsNews

Lekwena Volmaanstap

Organiseerder noem dat die Lekwena volmaanstap 'n sukses was.

Lekwena se jaarlikse Volmaanstap het in bloedige hitte afgeskop.

Augusta Retief, Christa Koen en Suzette Geldenhuys het die hitte trotseer by die Lekwena stap.

Die stap het Vrydag, 27 Oktober plaasgevind en word aangebied om fondse in te samel vir Potchefstroom Dienssentrum vir Bejaardes. Mense het in hul getalle opgedaag om die dienssentrum te ondersteun en ‘n sonsak in die veld te aanskou.

Tillie Stander, Delene Harmse, Cornelia van Biljon en Zehan en Dandré De Villiers was opgewonde om die laatmiddag stap te begin.

‘n Rustige atmosfeer het die laatmiddag omring waar stappers kon ontspan en die natuur waardeer.

Gesinne en vriende het die 10 km stap aangepak met glimlagte en geselsies.

Vriende en families het die stap saam geniet.

“Die weer het mooi saam ons gespeel en ons het oor die 300 mense gehad wat gestap het en saam vriende en familie die aand kon geniet het,” sê Crystal Wilson, Engel & Völkers Potchefstroom.

Almal het uitgesien na pannekoek en koffie wat op die halfpad-merk geniet is.

Die aand was aangebied deur Engel & Völkers Potchefstroom, Als Group, Lekwena Wildlife Estate en Potchefstroom Dienssentrum.

Ouida Pieterse, Johandré De Beer, Leané Naudé, Crystal Wilson, Juan Badenhorst en Stéfan Badenhorst was organiseerders by die Lekwena stap.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button