Local newsNewsNews

Nuwe begin na Rivierstraat huisbrand

Twee vroue is verslaan na hul alles in 'n huisbrand verloor.

Twee vroue se lewe het in vlamme opgegaan nadat hul huis in Rivierstraat begin afbrand het. Poppy en Elouise Esterhuizen, inwoners van die huis, het alles in die brand verloor en ‘n verslaenheid klou aan hulle.

“Twee maande terug was daar by ons ingebreek,” sê Poppy. “En nou het alles wat nie gesteel is nie in vlamme opgegaan,” las Elouise by. ““Mens lees dat sulke goed met ander mense gebeur, maar jy dink nooit dat dit met jou self sal gebeur nie.”

Die twee bly tans in ‘n Wendy huis agter in hul erf en noem dat dit al beter gaan sedert die brand.

“Die grootste verassing wat hieruit gekom het was hoe die gemeenskap saamgekom het om ons te help. Mense wat ons ken, mense wat ons nie ken nie, so baie mense het ons gehelp,” sê Elouise. “Ons het dit glad nie verwag nie, mens dink altyd die wêreld is so sleg. Ons het nie besef hoeveel mense het nog goeie harte nie.”

“Daar is aan ons bewys daar is nog mense wat omgee,” sê Poppy. “Só baie dankie aan almal wat ons gehelp het met skenkings en ander goed.”

Poppy sê verder dat hul so baie goed gekry het, daar is ‘n trailer vol goed oor wat hul nie gaan gebruik nie. “Ons het met die vrou wat se huis in Kockstraat afgebrand het gereël om die goed vir haar te vat.”

Elouise noem dat die Vermaak-egpaar wat alles in die Hattinghstraat huisbrand verloor weer vir hulle ekstra goed gegee het. “Dit was so anders om te ervaar hoe mense vir ons gesorg het en te sien dat ons nou weer vir ander kan sorg,” sê Elousie.

“Die volgende stap is om die huis reg te maak,” sê Poppy. “Daar is vriende wat gaan help om die huis reg te maak. My broer het my reeds begin help om die dak af te haal sodat dit reggemaak kan word. Daar is net een muur beskadig, dit sal afgebreek moet word en oorgebou word.”

Die vroue het alles in die brand verloor.

“Dit is die muur by die hoofslaapkamer en dis vermoedelik waar die brand begin het,” verduidelik Elouise.

“Ons klou net vas aan die bietjie lig aan die einde van die tonnel,” sê Elouise ten slotte.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button