Local newsNewsNews

Musikale Mallemeule deur Woel en Werskaf

Woel en Werskaf is een van drie opvoerings wat uitverkoop het in die NWU Auditorium.

Woel en Werskaf Kleuterskool se jaarlikse konsert was by die NWU Auditorium aangebied en het Potchefstromers in vervoering gehad.

Grease is opgevoer deur die Leeutjieklas en aangebied deur Mev. Corné Mouton.
Die Eendeklas se seuns het Fiddler on the Roof opgevoer. Die produksie is deur Mev. Belinda Harmse aangebied.

Die konsert het bestaan uit musikale produksies wat deur die verskillende klasse aangebied is. Die produksies was Fiddler on the Roof, Mary Poppins, Liefling, Annie, Mamma Mia, Skoonlief en die Ondier, As Jy Sing, Grease en The Greatest Showman wat deur die onderwysers en leerders opgevoer is.

Liefling is deur die Bokkieklas opgevoer en aangebied deur Mev. Janét Krüger.
Die Eendeklas se dogters het Mamma Mia opgevoer. Die produksie is deur Mev. Belinda Harmse aangebied.

Die 201 kleuters was in kleurvolle konsertklere opgemaak en almal se asem weggeslaan met hul opvoerings.

Op linkerkant is ‘As jy sing’, aangebied deur Mev. Suzzette Geldenhuys, Olifantklas.
Op regterkant is ‘Skoonlief en die Ondier’ aangebied deur Mev. Christa Koen, Hasieklas.

Augusta Retief, skoolhoof by Woel en Werskaf, merk op dat slegs drie produksies by die NWU Auditorium uitverkoop het. “937 sitplekke, en alles is uitverkoop. Slegs Sêr, Nataniël en Woel en Werskaf se konsert het heeltemal uitverkoop.”

Agter vanaf links:
Simoné Opperman, Janét Krüger, Christa Koen, Belinda Harmse, Suzette Geldenhuys, Elzaan van den Berg, Chrisna Coetzee
Voor vanaf links:
Anneke van der Merwe, Augusta Retief, Felicity Botha, Cecile van Dalen. Mariska du Preez, Corné Mouton

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button