Local newsNewsNews

Nuwe krag vir Chris Hani Pompstasie

Chris Hani Pompstasie het na meer as drie jaar nuwe pompe gekry.

DA wyksraadslid Heinricha Hodgson is verlig om aan te kondig dat Chris Hani Pompstasie weer ten volle werkend is.

Die twee nuwe pompe behoort verligting in die omgewing te bring.

Die pompstasie is vir meer as drie jaar nie meer ten volle werkend nie. Inwoners moes met ‘n permanente riool-stank saamleef. As verdere nagevolge is vleilande in die omgewing besoedel wat ekosisteme swaar laat trek het.

Die pompe, wat vanaf Duitsland ingevoer is, is geïnstalleer as ‘n opgraderingspoging in die pompstasie.

Die kontrakteurs noem dat die pompstasie oorspronklik met drie pompe ontwerp en werkend was, maar dat net twee pompe nou geïnstalleer is. Die kontrakteurs verduidelik dat die twee geïnstalleerde pompe op ‘n hoër kapasiteit werk en dus voldoende is.

Jeanette Tshite, woordvoerder vir JB Marks Munisipaliteit, noem dat na ‘n aantal jare wat die Chris Hani pompstasie met net een pomp bedryf is, het JB Marks Munisipaliteit ‘n plaaslike kontrakteur en diesnverskaffer aangestel om twee nuwe pompe aan te koop en te installeer.

“Die Departement van Tegniese Dienste in die Munisipaliteit het op Dinsdag, 31 Oktober 2023 ‘n sessie gehou waar pompe nagegaan is om hul onmiddellike bedryfstatus te verifieer. Die JB Marks Plaaslike Munisipaliteit ondervind rioolstortings by die Mooirivier-opvanggebied, wat die rede is waarom kennisgewings van nie-nakoming van die Departement van Water en Sanitasie ontvang is. Hierdie projek sal ongetwyfeld ‘n einde maak aan die stortings wat oor ‘n lang tydperk ervaar is,” sê Jeanette.

 

Related Articles

Back to top button