Local newsNewsNews

Mooirivier bekoor by Allegretto Eisteddfod

Laerskool Mooirivier se seniorkoor is as nasionale wenners van die Allegretto Interprovinsiale Eisteddfod aangewys. Hierdie talentvolle Tokkies het teen 60 van die land se top laerskoolkore deelgeneem.

Laerskool Mooirivier se seniorkoor is as nasionale wenners van die Allegretto Interprovinsiale Eisteddfod aangewys. Hierdie talentvolle Tokkies het teen 60 van die land se top laerskoolkore deelgeneem.

Hierdie gesogte toekenning volg kort nadat die koor ‘n derde plek in die ATKV-Applous Koorkompetisie in die Prestige-kategorie teen top skole in Augustus behaal is.

Volgens die koorleier van Laerskool Mooirivier se seniorkoor, Esmie Koornhof, is passie, harde werk en genot van die faktore wat tot die uitstekende prestasies lei.

Esmie Koornhof (koorleier)
en Petro Coetzee (begeleier)
van Laerskool Mooirivier se
seniorkoor wat as die wenner
van die Nasionale Allegretto
Eisteddfod kompetisie
aangewys is. Foto: Verskaf

“Ons is almal werklik passievol en die kinders is werklik gelukkig en geniet dit ten volle. Niks kom ook sonder harde werk nie. Dit is baie belangrik. Ons eer ook die Here vir ons talente,” vertel Koornhof wat al vir 17 jaar by beide die Junior en Seniorkore by Laerskool Mooirivier betrokke is.

Esmie Koornhof (koorleier)
en Petro Coetzee (begeleier)
van Laerskool Mooirivier se
seniorkoor wat as die wenner
van die Nasionale Allegretto
Eisteddfod kompetisie
aangewys is. Foto: Verskaf

Laerskool Mooirivier se seniorkoor bestaan uit 100 leerders en drie personeel naamlik, Koornhof, Petro Coetzee (begeleier) en Christa van Zyl (organiseerder).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button