Local newsNewsNews

PAWS se diere soek hul hartshuise

Die publiek kan 'n verskil maak deur nie net diere aan te neem nie, maar ook in pleegsorg te neem.

Met die Feestyd op hande is daar talle honde en katte by PAWS wat bitter graag ‘n nuwe huis soek. Dié honde en katte moet daagliks geduldig wees en wag om na ‘n huis toe te gaan waar hulle vreugde vir hul nuwe eienaars kan bring.

Die publiek kan ‘n verskil maak deur nie net diere aan te neem nie, maar ook in pleegsorg te neem. Sodoende kan die honde en katte vir ‘n tydperk nog liefde en aandag kry, voordat die proses van aanneming amptelik begin word.

Volgens Theo Koekemoer, bestuurder van PAWS, benodig diere tans droë en nat kos, sowel as komberse wat van sterk materiaal gemaak word.

“Ons kry daagliks geskeurde komberse in die hokke. Dan is daar net lappe oor. Ons benodig komberse vir die honde wat lank hou,” noem hy.

Nog ‘n aspek waarop Koekemoer klem lê, is die feit dat honde en katte telkemale net by PAWS afgelaai word omdat die eienaars trek of nie meer na die hond kan omsien nie. Dit skep ‘n probleem, aangesien daar nie genoeg plek vir die diere is nie.

“Mense steriliseer ook nie hulle diere nie en sodoende skep dit ook ‘n probleem. Van die babadiere het nie ‘n heenkome nie en word baie keer na PAWS gebring.”

Vir meer inligting kan PAWS by 071 681 9264 gekontak word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button