Local newsNewsNews

Berts Bricks hou 40ste Great Brick Run

Berts Bricks Klub hou hul 40ste Great Brick Run Saterdag, 20 Januarie.

Berts Bricks hardloopklub hou hul 40ste Great Brick Run.
Die gewilde wedloop vind plaas op 20 Januarie vanaf Snowflake. Daar is verskeie afstande wat dit vir die hele gesin moontlik maak om deel te neem.

Die bekende 21.1 km spring weg om 06:15. Vooraf inskrywings vir die 21.1 km kos R150, en dag-inskrywings kos R200.
Die 10 km spring 06:20 weg en vooraf inskrywings is R100. Dag-inskrywings vir die 10 km kos R150. Daar is ‘n 5 km wat ook 06:20 wegspring en R40 kos vir vooraf inskrywings. Dag-inskrywings vir die 5 km kos R60.
Indien jy vooraf wil inskryf kan jy dit op Entryninja doen. Vooraf inskrywings sluit egter 17 Januarie. Op die dag van die wedloop kan jy reeds vanaf 05:00 inskryf by Snowflake. Daar sal kaart-fasiliteite beskikbaar wees.
Indien jy nie ‘n permanente ACNW hardloop-lisensie het nie kan jy ‘n tydelike een koop vir R60.
Die langasem atlete wat die 21.1 km aanpak kan ‘n sespak-bier wen. Hierdie is egter net vir die eerste 100 atlete wat met ‘n baksteen die resies voltooi.
Die eerste drie man- en vrou-atlete wat hul resies klaarmaak sal ‘n geld-prys ontvang. Kontak Ronel du Toit by 083 571 2817 of Cheri Oosthuizen by 082 827 9153 vir meer inligting.

Related Articles

 
Back to top button