Local newsNewsNews

Mangat veroorsaak ‘n moontlike verkeersrisiko

Die riool het vanoggend (Donderdag, 18 Januarie) weer uit die gat geloop met groot plasse wat op die padoppervlak was. 

‘n Mangat op die hoek van Chief Albert Luthuli-laan en Molenstraat skep vir die afgelope paar maande ‘n dilemma vir motoriste.

Hierdie mangat, waar daar talle kere riool uitloop, is tans ‘n moontlike veiligheidsrisiko in hierdie besige deel van die pad.

Met die Herald se besoek Maandag, 15 Januarie kon daar gesien word dat die deksel van die mangat weer op is. Daar is ook verkeerskegels rondom die mangat geplaas. Sodoende moet motoriste nou om ry wat ‘n verkeersprobleem kan veroorsaak. Die mangat is ook op ‘n draai, wat dit moeilik maak vir motoriste om vanaf Chief Albert Luthuli links in Molenstraat in te draai.

Die water het vanoggend op die hoek van Chief Albert Luthuli-laan en Molenstaat weer uitgeloop. Foto: Wouter Pienaar

Die riool het vanoggend (Donderdag, 18 Januarie) weer uit die gat geloop met groot plasse wat op die padoppervlak was.

Volgens ‘n inwoner, Annemarie Lensing, is hierdie gat al ‘n probleem sedert Oktober verlede jaar.

“Op ‘n stadium is daar ‘n klip voor die oop gat geplaas. Dit is ‘n veiligheidsrisiko vir motoriste, veral in die aande. Ek kan net dink watter probleem hierdie gat kan veroorsaak wanneer die studente weer terug is, en dit baie besiger is op die pad.  ‘n Mens kan ook nie uitswaai nie,” noem sy.

Hierdie mangat op die hoek van Chief Albert Luthuli-laan en Molenstraat is tans met vier verkeerskegels omring. Voorheen was daar net ‘n klip voor die gat geplaas terwyl daar aan ‘n rioolprobleem hier gewerk is. Hierdie foto is op Maandag, 15 Januarie geneem. Foto: Wouter Pienaar.

VF Plus raadslid, Ian de Villiers, het ook aan die Herald bevestig dat hy die mangat reeds vyf keer sedert 11 Desember 2023 aangemeld het om dringend herstel te word.

* Die Herald het die munisipaliteit vir kommentaar  genader, maar teen druktyd nog nie terugvoer ontvang nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button