Local newsNewsNews

Stilstaande water ‘n gesondheidsrisiko

Stilstaande rioolwater en vullis veroorsaak reeds vir die afgelope tien maande 'n wesenlike gesondheidsrisiko buite die gebou van die Departement van Arbeid in Autolaan.

Stilstaande rioolwater en vullis veroorsaak reeds vir die afgelope tien maande ‘n wesenlike gesondheidsrisiko buite die gebou van die Departement van Arbeid in Autolaan.

Hierdie riool dam op by die parkeerterrein van werknemers van die Departement van Arbeid weens ‘n publieke toilet se waterlek wat ‘n seer oog in die omgewing veroorsaak.

Hierdie huisie word nou deur haweloses bewoon. Op die dak word allerhande items “gestoor”.

Hierdie publieke toilet, wat voorheen gesluit was, is in die afgelope paar maande oopgebreek en nou bly daar hawelose mense in hierdie huisie.

Daar is ook al glo van die haweloses wat buite die parkeerarea urineer en grootliks vir rommelstrooing in hierdie area verantwoordelik is.

Die riool wat opdam en gepaardgaande reën oor die feestydperk het ook talle slaggate in die pad veroorsaak, wat ‘n verdere kopseer vir kliënte en personeel is.


Die waterlek is al vir ‘n geruime tyd ‘n dilemma by die parkeerterrein van die Departement van Arbeid in Autolaan in Potchefstroom.

DA wyksraadslid, Madra de Bruin, het ook al bevestig dat sy die probleem gerapporteer het, maar dat daar nog nie werk van die situasie gemaak is nie.

J.B. Marks munisipale woordvoerder, Jeanette Tshite het op Vrydag, 19 Januarie op die Herald se navraag gereageer en genoem dat daar na langtermynoplossings gekyk word, soos permanente werknemers vir onderhoud en skoonmaak van die area.

“Die JB Marks Plaaslike Munisipaliteit ervaar ‘n toename in die aantal haweloses wat voortgaan om openbare geriewe soos busskuilings en ablusies onwettig te gebruik, wat verdere skade aan die geboue se bestaande verbindings veroorsaak.”

Volgens Tshite is daar ‘n tydelike oplossing aangewend deur die beheerklep te blokkeer, terwyl loodgieters deur middel van ‘n voorsienningsketting aangestel word.

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button