Local newsNewsNews

Huis Hebron gaan moontlik Werner de Jager huisves

Werner de Jager (45) die beskuldigde in die pastorie moordsaak van sy vrou, ds. Liezel de Jager (38) ‘n Amanzimtoti leraar, gaan moontlik by Huis Hebron Potchefstroom Opheffingsprojek, woon indien sy borgtogaansoek op 24 Januarie vanjaar suksesvol is.

Werner de Jager (45) die beskuldigde in die pastorie moordsaak van sy vrou, ds. Liezel de Jager (38) ‘n Amanzimtoti leraar, gaan moontlik by Huis Hebron Potchefstroom Opheffingsprojek, woon indien sy borgtogaansoek op 24 Januarie vanjaar suksesvol is.

Werner word aangekla van die moord op sy vrou op 13 Oktober 2021 by die pastorie van die NG Kerk Suidkus in Amanzimtoti. Hy het op Maandag, 15 Januarie in die landdroshof in Amanzimtoti verskyn en skuld ontken.

De Jager se regsverteenwoordiger, Huibré Lamprecht en sy advokaat, André May, is albei Potchefstromers.

Lamprecht het by navraag gesê dat sy nie kommentaar kan lewer nie.

De Jager het Huis Hebron as sy vaste adres in sy borgaansoekvorm aangedui. Huis Hebron is ongeveer 15km uit Potchefstroom op die R53 (Vereenigingpad).

Huis Hebron se bestuurder, Elma le Roux, het die Herald na hul regsverteenwoordiger, Daniel Richards vir navrae verwys.

Richards het bevestig dat Huis Hebron vir De Jager oopgestel is, indien hy borgtog sou kry.

“Daar is ‘n besluit geneem dat Huis Hebron hom (Werner de Jager) sal akkommodeer. Huis Hebron het al baie mense in die gemeenskap weer op hulle voete gekry. Vir jare doen Huis Hebron ongelooflike goeie werk vir mense. Huis Hebron het ook streng reëls wat inwoners moet nakom,” het Richards verduidelik.

Ds. Liezel de Jager en haar man, Werner de Jager in 2019. Werner word daarvan beskuldig dat hy Liezel op 13 Oktober 2021 in die pastorie van NG Suidkus in Amanzimtoti vermoor het. Foto: Facebook.

Netwerk24 berig dat die ondersoekbeampte in die saak, Lt. kol. Marietjie Roodt, die borgaansoek teengestaan het omdat sy gekwel is oor die veiligheid by Hebron en die feit dat daar nie rekord van almal se kom en gaan gehou word nie.

“Enige wandade deur die beskuldigde sal ‘n tydjie neem om onder die aandag van die owerhede te kom. Dit maak dit boonop moeilik om borgtogvoorwaardes na te kom, soos om by ‘n polisiekantoor aan te meld,” sê Roodt in haar verklaring.

Dit is welbekend dat Huis Hebron Christelike waardes uitleef as ‘n nie-winsgewende organisasie wat mense in die gemeenskap ophef. Inwoners moet self hard werk om groete te plant of ander take te verrig. Daar is ook ‘n skedule wat gevolg en klokslag toegepas word. Geen drank of dwelms word op die perseel toegelaat nie terwyl daar ook weekliks eredienste en Bybelstudie gehou word.

Huis Hebron sal Werner de Jager, se tuiste wees indien hy borgaansoek kry.

Meer as 20 jaar gelede het die stigter, Gretha le Roux (81) besluit om Huis Hebron as ‘n plek vir haweloses te stig.

Die hart van Hebron is om ‘n Christelike ondersteuningstruktuur te bied waar elkeen van die 110 inwoners kan staatmaak om nie op enige vlak honger te gaan slaap nie. Op geestelike vlak is daar berading gebaseer op Bybelse beginsels.

Huis Hebron het ook ‘n baie goeie verhouding met die Potchefstroomse gemeenskap en kry gedurig skenkings van die publiek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button