Local newsNewsNews

Birdlife Wesvaal vier 40 jaar

Birdlife Wesvaal beoog om 'n pretvolle naweek vanaf 21-24 Maart by die Elgro River Lodge aan te bied. Lees meer hier oor hierdie klub se 40 jaar feesvieringe.

Birdlife Wesvaal nooi alle voëlliefhebbers, belangstellendes en mede-voëklubs om saam met hulle hul 40ste bestaansjaar te vier. Birdlife Wesvaal beoog om ‘n pretvolle naweek vanaf 21-24 Maart by die Elgro River Lodge aan te bied waar verskeie voëluitstappies sal plaasvind en gesogte sprekers insiggewende lesings sal aanbied.

Hierdie voëlklub gaan ook vanjaar ‘n spesiale gedenkblad vrystel wat die 40 jaar geskiedenis van die klub met foto’s en interessante inligting bevat. Die hoogtepunte van die klub sal hier vasgevang word en ook sodoende ‘n nalatenskap wees vir diegene wat die klub vir die volgende 40 jaar van krag tot krag sal neem.

Birdlife Wesvaal het as klub nie net ‘n liefde vir voëls nie, maar ook vir die bewaring van alle fauna en flora.

Vir meer inligting kontak die feesorganiseerder, Lawren Oelofse by 082 453 6796.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button