BusinessCommunityLocal newsNewsNews

AfriForum pak skoonmaakrojek aan!

Op 11 Mei 2024 het die Mooirivier, 'n geliefde baken in Potchefstroom, 'n hernude glans ontvang toe AfriForum se Potchefstroom-tak, in samewerking met Green Living Space-tuindiens, 'n skoonmaakprojek aan die oewer onderneem het. Die inisiatief, ontlok deur 'n toename in sluipslapers naby die KFC, het die gemeenskap saamgebring om die area te herstel.

‘n Groenstrook langs een van Potchefstroom se bekendste bakens, die Mooirivier, is op 11 Mei 2024 deur AfriForum se Potchefstroom-tak skoongemaak. Nou kan hierdie baken weer sy naam gestand doen, want die “mooi” is terug in die strook langs die dorp se geliefde rivier.
Die area aangrensend tot die KFC het onlangs ‘n skuilplek vir sluipslapers geword. In reaksie hierop het AfriForum, in samewerking met Green Living Space-tuindiens, die gebied opgeruim. Hulle het oortollige plantegroei uit die rivier verwyder en die oewer met bossiekappers en kettingsae skoongemaak.

Hierdie werk is egter nog nie voltooi nie. Skoonmaakaktiwiteite sal aanstaande naweek voortgesit word wanneer bome gesnoei en ‘n verdere deel van die rivier opgeruim sal word. Alta Pretorius, AfriForum se streekskoördineerder vir die Mooirivier-streek, het verduidelik dat die opruimingspan ook aandag gee aan die verwydering van indringerplantspesies soos die driedoringsoetpeul, wat veral op die rivieroewer voorkom.

“Hierdie noodsaaklike opruimingswerk maak ’n reuseverskil tot voordeel van die omgewing en bevorder die veiligheid in dié gebied,” benadruk Pretorius. “Elke taklid wat ’n deel doen om hierdie strook weer aanloklik te maak, die KFC wat aan die werkers kos voorsien en Green Living Space wat hul hande en kennis aanbied – elkeen van hierdie betrokke partye help om die Mooirivier weer mooi te maak!”
Die gemeenskap van Potchefstroom sien met afwagting uit na die voltooide projek, wat die Mooirivier en sy omliggende gebiede weer ‘n veilige en pragtige plek sal maak.

 

Related Articles

 
Back to top button