CommunityLocal newsNewsNewsRegional News

Groot brand tref Potchefstroom gemeenskap

Die Potchefstroom-gemeenskap het vandag 'n verwoestende brand ervaar wat huishoudings en diere direk geraak het.

‘n Verwoestende brand het Potchefstroom oor die naweek getref. Dit is vermoedelik deur die erge wind aangewakker en uitgebrei. Daar was oor die naweek ‘n gemiddelde windspoed van tussen 45 en 55 km/uur en rukwinde wat tot 80 en 90 km/uur bereik het.

Volgens die Potchefstroom Brand Beskerming Vereniging se voorsitter Dr. Kobus Roux, is daar spesifieke items wat dringend benodig word. Dit sluit in drinkwater, energiedrankies soos ‘Powerade’, energie verskaffers soos ‘Super C’, energie repies soos ‘Bar One’, en basiese versorgingsitems soos oogdruppels en lipbalsem vir diegene wat deur die rook en hitte geraak is en veral die mense wat help om die brande te bestry.

“Moet geen vuur buite aan stook nie, dit kan versprei in ‘n veld brand,” het Dr. Roux gesĂȘ.

Die plaaslike brandweer, ondersteun deur boere, werkers en ‘n span vrywilligers, het dapper gestry om die vlamme te beheer te midde van uitdagende omstandighede. Die gemeenskap word aangemoedig om by te dra en ondersteuning te bied aan diegene wat deur die ramp geraak is.

Inwoners wat bereid is om te help, kan direk by die kantoor van die Potchefstroom Brand Beskerming Vereniging by Chris Hani 89 in Potchefstroom kontak maak, of skakel 067 375 0901 vir meer inligting oor hoe om by te dra.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Jade Sateria

I am Jade Sateria, a seasoned journalist with expertise in investigative reporting, feature writing, and multimedia storytelling. My skills include in-depth research, compelling narrative creation, and data analysis. I have 6 years of experience in journalism, social media marketing and developing communications paradigm.

Related Articles

Back to top button