Local newsNews

Jong vrou in Potchefstroom vermis

Charlize se familie het nog nie weer van haar gehoor sedert sy vermis geraak het nie.

Charlize Ashurst (22) is sedert 22 Julie 2024 in Potchefstroom vermis.

Lulu, soos wat sy deur haar familie genoem word, het vanaf Wolmaransstad na Potchefstroom toe gereis om by vriende te gaan kuier. Haar ma, Thalita Ashurst, het nog nie weer van haar gehoor nie.

Thalita sê sy het na die polisie gegaan om Charlize as vermis aan te meld, maar die polisie vereis ‘n gedrukte foto wat sy nie tans het nie.

“Sy is die 22ste omstreeks 18:30 by die Engen vulstasie en Baillie Park Spar in Potchefstroom saam met ‘n man wat neute verkoop gesien. ‘n Kennis het tot daar gegaan om haar te gaan soek, maar sy was reeds weg. Sy het ook nie na Wolmaransstand teruggekeer nie.”

Charlize het ten tyde van haar verdwyning ‘n blou broek en ‘n swart baadjie aangehad. Indien enigiemand weet waar sy haarself bevind, kan Thalita by 074 637 1099 geskakel word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button