SportSport

Onoorwonne Wessies takel Ben Vorster buffels

Volgens Van der Sandt, is dit vir die hele skool belangrik omdat oorwinnings by die ander spanne die skool se doelwit vir promosie na die plaat afdeling 'n reuse hupstoot kan gee. 

In wat as die hoogtepunt van die Noordvaal skild afdeling beskou word, gaan die Bruin bere van Wesvalia komende naweek kragte teen die Buffels van Ben Vorster meet.

Wesvalia se 1ste XV is nog onoorwonne in die Noordvaal reeks en sal alles op die veld los om dié status te behou.

Ben Vorster gaan die lang pad van Tzaneen andurf om die Bruin bere op tuis bodem aan te vat. Die grootste moontlike struikelblok vir die Klerksdorpers is dat hulle, hulle laaste liga wedstryd op 25 Mei teen Hugenote springs plaas gevind het. Dit is agt weke sonder wedstryde.

Wesvalia sou die afgelope naweek ‘n wedstryd teen Jeugland gespeel het, maar dit is afgestel na die dood van Emmanuel Makwiting.

“Ons gaan waarskynlik bietjie geroes wees so ons sal ons foute moet beperk. Dit is ‘n belangrike wedstryd vir ons omdat ‘n oorwinning vir ons ‘n plek in die halfeindstryd kan verseker,” het Willem van der Sandt, Wesvalia se direkteur van rugby, gesê.

Volgens Van der Sandt, is dit vir die hele skool belangrik omdat oorwinnings by die ander spanne die skool se doelwit vir promosie na die plaat afdeling ‘n reuse hupstoot kan gee.

Wessies het nie net gerus in die laaste agt weke nie, daar is voortdurend oefeninge gewees en selfs ‘n vriendskaplike wedstryd teen Hoërskool Hentie Cilliers wat sal help om die Klerksdorpers se roes af te skud.

Die 1st XV wedstryd skop om 12:30 by Hoërskool Wesvalia af.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button