SportSport

Wessies bly onoorwonne in Noordvaal kompetisie

Die Bruin bere het sewe uit die nege wedstryde teen Ben Vorster gewen en moet beslis die gunsteling wees om vanjaar promosie na die Noordvaal skild afdeling te kry. 

Die Bruin bere van Wesvalia het die Buffels van Ben Vorster die afgelope naweek behoorlik getem.

Die Klerksdorpers het die wedstryd 48 – 8 op tuis bodem gewen. Volgens Willem van der Sandt, hoofafrigter van Wesvalia, is hy tevrede met sy span se vaardighede, veral na so lang tydperk wat die spelers nie in aksie was nie.

Wesvalia het die naweek na die vakansie ‘n loslootjie gehad, waarna die wedstryd teen Jeugland uitgestel is.

“Ek kon sien in die laaste 10 minute het daar begin foutjies inkruip. Dit is maar ons wedstryd fiksheid wat na so lang af tydperk nog aan gewerk moet word. Ek is aangenaam verras met hoe ons die bal geskuif het. Ons wou die foute beperk, en veral in die eerste helfte het ons baie min foute gemaak,” het Van der Sandt gesê.

Wessies se volgende uitdaging is komende naweek teen Secunda, die Klerksdorpers sal hulle goeie momentum in die laaste twee rondtes wil behou. Die Bruin bere het sewe uit die nege wedstryde teen Ben Vorster gewen en moet beslis die gunsteling wees om vanjaar promosie na die Noordvaal skild afdeling te kry.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button