Local newsNewsNews

KYK: Aangehou, gedreig en niemand doen niks

Volgens hom is dit nie die eerste keer wat so iets gebeur nie en sukkel hulle gereeld met sulke insidente.

‘n Werknemer van die plaaslike munisipaliteit het op 4 Junie vir sy lewe gevrees toe hy deur ‘n lid van die gemeenskap aangehou en met ‘n mes gedreig is.

Antonello Vertyn, wat al van 2018 by JB Marks se Onwettige Storting en Parke afdeling as masjien operateur werk, vertel hy en ‘n kollega het omstreeks 10:10 daardie oggend by ‘n perseel by die Sarafina Staduim in Ikageng opgedaag. Hulle het begin om die perseel voor die stadium se hek skoon te maak, toe ‘n lid van die gemeenskap met ‘n mes opdaag, die masjien se sleutel afvat en vir Vertyn dreig.

Die insident is op video vasgevang. Die video is deur Vertyn se kollega geneem. Die rede hoekom die lid glo vir Vertyn met die mes aangehou het, is omdat daar glo aan die gemeenskap deur amptenare belowe is dat hulle betaling sou ontvang wanneer hulle die kanale skoonmaak, maar hulle het in twee maande geen betaling ontvang nie.

In die video kan gehoor word hoe die man vir Vertyn dreig en betaling eis. Tydens die insident kon Vertyn dit regkry om die toesighouer van infrastruktuur te kontak, maar het geen reaksie gekry nie.

Hy het daarna sy hoof, David Thibedi, gekontak en die man het onmiddellik in sy voertuig gespring en na die toneel gejaag.

“David kon dit regkry om die situasie onder beheer en rustig te kry,” vertel Vertyn.

“As dit nie vir David was nie, weet ek nie wat sou gebeur het nie. Sekuriteit het eers na hom daar opgedaag, toe die situasie reeds onder beheer was.”

“David het als in sy mag gedoen en daarvoor is ek ewig dankbaar. Die bestuur het my gefaal.”

Vertyn gaan voort om te sê die polisie was nie na die toneel ontbied nie en die verdagte is nie in hegtenis geneem nie. Daar word glo net van Vertyn verwag om voort te gaan met sy werk asof niks gebeur het nie.

“Ek is vreeslik teleurgesteld. Tot vandag toe is daar niks aan die saak gedoen nie. Niemand het eers gevra of ek hulp nodig het nie. Die munisipaliteit moet sy werkers se veiligheid eerste sit. Ek wil nie hê dit moet met enigiemand anders gebeur nie.”

Volgens hom is dit nie die eerste keer wat so iets gebeur nie en sukkel hulle gereeld met sulke insidente.

“Ek moes op my eie onkoste hulp kry en was vir ‘n week in M-Care opgeneem. Dit als as gevolg van beloftes wat deur amptenare aan die gemeenskap gemaak word. Dit is die munisipaliteit se verantwoordelikheid om ‘n veilige werksomgewing vir hulle werkers te skep.”

Die Herald het navraag oor die insident by die plaaslike munisipaliteit gedoen, maar wag steeds vir terugvoer.

Kyk na die video hier:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button