Die Luiperds het die afgelope naweek hulle eerste wen in die Currieberke se eerste divisie teen die Grens gekry.
volgens Riaan van Straten, waarnemende hoofafrigter van die Luiperds, is hy bly oor die oorwinning maar hy kyk nou vorentoe na die volgende uitdaging. Die Luiperds reis komende naweek, 21 Julie na Kemptonpark om ‘n sterk Valke span aan te durf.
Die Valke het hulle eerste wedstryd teen die Griffons gewen. Dit sal beslis vir die Luiperds ‘n moeilike wedstryd wees, maar een wat sal wys hoe hulle besig is om te groei.
“Ons is dankbaar vir die wen teen Grens, vyf punte is wat ons gesoek het. Ons het gesien wat ons wou sien, en nou moet ons aandag gee aan die afronding in die oefeninge. Die Grens wedstryd is verby en die Valke is ‘n dier van ‘n ander soort vir ons,” het Van Straaten gesê.
Volgens hom is die Valke die toon aangewende span in die kompetisie.
“hOns sien uit na die uitdaging, ons kan wys ons gaan vorentoe as ons kompeterned teen die bestes in die kompetisie is. Ons het in die SA beker teen hulle verloor, maar ons het goedgedoen. Daar was ‘n paar sagte oomblikke wat ons uit die wedstryd gehou hey. Ons weet wat ons uit die wedstryd wil kry, wat ons doelwitte is. Die selfvertroue is besig om in die groep te groei en ons sien uit na die uitdaging,” het Van Straten verduidelik.



