Vermeende selfoondief deur groep mans aangerand
Waarskuwing: Van die beeldmateriaal kan sensitiewe lesers ontstel
‘n Jong man is op 20 Junie omstreeks 04:15 nadat hy glo ‘n selfoon probeer steel het.
Volgens Christiaan Haefele, bedryfsbestuurder van Mooirivier Beskerming, het ‘n groep mans gisteraand saam gaan kuier. Hulle het nog ‘n man ontmoet waarna almal saam na ‘n woonstel op die hoek van Goud en Albert Luthuli straat gegaan het.
Die verdagte het glo uit die woonstel uit geloop daarna het die groep besef dat een van hulle selfone weg is. Hulle het die verdagte buite die woonstel gekry en hom glo begin aanrand.
“Ons het ‘n oproep van inwoners in die woonstelkompleks gekry oor ‘n geraas, dit is toe dat ons ‘n reaksie beampte na die toneel toe gestuur het,” het Haefele verduidelik.

Met Mooirivier Beskerming se aankoms is die verdagte reeds deurdie groep mans aangerand. Hy het daarin geslaag om te vlug en onder ‘n voertuig weg te kruip. Die groep het die verdagte weer gevind, maar nie verder aangerand nie. Die groep mans het nie ‘n klag by die polisie aangemeld, nadat hulle die selfoon terug gekry het nie. Sover bekend het die verdagte ook nie ‘n saak van aanranding aangemeld nie.



