Local newsNewsNews
Vermeende gas-bottel dief vasgetrek
’n Man is op 13 Julie gearresteer nadat hy glo by ’n perseel in Rossstraat ingebreek en gasbottels gesteel het. CB Sekuriteit het vinnig gereageer en die verdagte op die vas getrek.
‘n Man is op 13 Julie omstreeks 19:00 in hegtenis geneem nadat hy glo by ‘n perseel in Ross-straat ingebreek het en na bewering gas bottels gesteel het.
CB Sekuriteit het op 13 Julie omstreeks 18:26 ‘n alarm op die elektriese heining van die perseel ontvang. Reaksiebeamptes is na die perseel ontbied waar hulle die verdagte gevang het. Die verdagte het glo die elektriese heining geknip waarna hy die gasbottels gevat het.
Die polisie is in kennis gestel en het die man omstreeks 20:44 die man in hegtenis geneem. CB Sekuriteit het ‘n na-uurse tegnikus uitgestuur om die elektriese heining te herstel.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



