Local newsNewsNews
Bakkie rol op N12 tussen Potchefstroom en Johannesburg
Twee mense is na ’n hospitaal geneem nadat ’n bakkie op 18 Julie op die N12 tussen Potchefstroom en Johannesburg gerol het. Motoriste word gewaarsku om versigtig te ry.
‘n Bakkie het op 18 Julie, omstreeks 09:00 op die N12 tussen Potchefstroom en Johannesburg gerol.
Daar is geen ernstige beserings nie. Die pad is ook nie versper nie. Twee mense is deur ER24 na ‘n plaaslike hospitaal geneem vir verdere behandeling.
Owerhede is op die toneel en maan motoriste om versigtig te wees wanneer hulle van die pad gebruik maak.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



