Potch sokkerspeler wen Lotto-boerpot
Die wenner het onthul dat hy sy kaartjie in sy klerekas gehou het.
‘n Sokkerspeler van Potchefstroom se hele lewe het oornag verander nadat hy op 28 Junie die Lotto-boerpot gewen het. Hy het ‘n ongelooflike R8.9m met ‘n R80 kaartjie ingepalm.
Die man kan nou sy droom sonder finansiële beperkings uitleef. Die lotto-wenner is van plan om af te tree en sy wengeld te belê om ‘n standvastige toekoms te verseker.
Die Nasionale Loterykommissie se organiseerder, Ithuba, het die prysgeld bevestig. Die wenner het onthul dat hy sy kaartjie in sy klerekas gehou het. Hy het ook te kenne gegee dat hy die wennommers aanlyn opgesoek het en so sy geluk ontdek het.
“Ek was baie opgewonde toe ek uitvind ek het gewen. Ek het nog altyd aan die hoop vasgehou dat ek eendag ‘n miljoenêr sou word,” het die man gesê.
Die sokker geesdriftige het die nuus met sy ma en broer gedeel. Charmaine Mabuza, uitvoerende hoof van Ithuba, het die wenner gelukgewens.



