KYK: Een dood, talle beseer in N12 ongeluk
Die presiese getal van beseerdes is nog nie bekend nie.
Die Potchefstroom polisie ondersoek ‘n saak van strafbare manslag nadat een man dood en talle ander beseer is in ‘n ongeluk op die N12 naby Potchindustria.
Kolonel Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder sê twee voertuie, ‘n bakkie en ‘n taxi, was Maandag, 21 Julie omstreeks 14:00 in ‘n kop-aan-kop botsing betrokke.
“Na bewering het die bestuurder van die bakkie vir ‘n trok uitgeswaai en oor die middelman gery. Dit het ‘n botsing van voor met die aankomende taxi veroorsaak.”
Myburgh sê die bestuurder van die bakkie, ‘n inwoner van Ikageng, is dood op die toneel verklaar.
Talle ander insittendes van die taxi is tydens die ongeluk beseer en na ‘n plaaslike hospitaal vervoer. Van die insittendes moes uit die taxi gesny word. Die presiese getal van beseerdes is nog nie bekend nie.
Die N12 was vir ure tot laat gistermiddag gesluit.
Kyk hier na ‘n video wat na die ongeluk deur ‘n taxidrywer geneem is:



