SportSport

Gimmies mik na nog ’n oorwinning in Noordvaal Bowl-veldtog

Gimmies se 1ste XV is onoorwonne in vanjaar se Noordvaal Bowl en mik na nóg ’n oorwinning teen Dinamika op 2 Augustus.

Gimmies is gerat om komende naweek hulle Noordvaal Bowl-afdeling veldtog voort te sit.

Na ‘n lang tydjie af, het die Potchefstromers die roes teen Welkom Gimansium afgeskud. Hulle speel op 2 Augustus teen Dinamika in Alberton.

Volgens Regardt Kleingeld, Direkteur van Rugby by Gimmies, het sy troepe goed gelyk na die langdurige rus tydperk.

“Ons is reg vir die laaste drie wedstryde, dit gaan moeilik wees, maar soos ons al die jaar gewys het, staan ons nie terug vir die uitdaging nie,” het kleingeld verduidelik.

Gimmies se 1ste XV is nog onoorwonne in die kompetisie, Dinamika lê aan die ander kant van die punteleer, en die Potchefstromers behoort nog ‘n oorwinning in hulle opmars na die halfeindrondte te kry.

Plekke in vanjaar se Bowl uitspele wedstryde is nog wa wyd oop, die spanne wat eerste ‘n voetfout maak gaan nie daar uitkom nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button