Local newsNewsNews

KYK: Video wys wat in ongeluk op N12 gebeur

'n Video is onlangs bekend gestel nadat een man dood en talle ander tydens 'n ongeluk op die N12 beseer is.

‘n Video van die gru-ongeluk wat 21 Julie op die N12 naby Potchindustria plaasgevind het, is onlangs op sosiale media gedeel.

In die video kan gesien word hoe ‘n trok van baan verwissel. Die bakkie, wat betrokke was by die ongeluk, was reeds in daardie baan. Dit blyk die bakkie vir die trok uitgeswaai, oor die middelman gery en ‘n botsing van voor met ‘n aankomende taxi veroorsaak het.

Die trok het nie na die tyd op die ongelukstoneel gestop nie.

Brigadier Sabata Mokgwabone, polisiewoordvoerder, het bevestig 14 mense is ernstig tydens die ongeluk beseer en die insident word steeds ondersoek.

“Alhoewel die trok nie fisies by die ongeluk betrokke was nie, is die drywer geïdentifiseer en sal ‘n verklaring by die drywer geneem word.”

Kolonel Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder, het vroeër aan die Herald gesê die Potchefstroom polisie ondersoek ‘n saak van strafbare manslag nadat een man dood en talle ander beseer is.

Die bestuurder van die bakkie, ‘n inwoner van Ikageng, is dood op die toneel verklaar. Talle ander insittendes van die taxi is tydens die ongeluk beseer en na ‘n plaaslike hospitaal vervoer. Van die insittendes moes uit die taxi gesny word.

Kyk na die video hier:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button