Local newsNewsNews

Noordwes-Universiteit gaan kampus in Rustenburg bou

Konstruksie van die nuwe Rustenburg-kampus sal na verwagting in 2027 begin.

Die Noordwes-Universiteit (NWU) het planne aangekondig om ‘n nuwe kampus in Rustenburg te bou.  Die kampus gaan hoofsaaklik op mynbou en mynbou-ingenieurswese fokus. Die streek se mynbousentrum  produseer die grootste deel van die land se platinum.

Rustenburg het lank uitdagings van werkloosheid en onderontwikkeling in die gesig gestaar ten spyte van sy minerale rykdom.

Konstruksie sal na verwagting in 2027 begin en teen 2030 voltooi wees. Dit word as een van die drie groot strategiese projekte gelys wat die universiteit beplan.  Die NWU bou tans sy Desmond Tutu Skool vir Geneeskunde op sy Potchefstroom-kampus. Konstruksie vir die nuwe mediese skool het amptelik in Junie 2025 begin, en hulle beplan ook om kliniese opleidingsfasiliteite by die Klerksdorp Tshepong-hospitaalkompleks in te sluit.

Die projek vorm deel van die NWU se langtermynstrategie om toegang tot hoër onderwys uit te brei en geleenthede vir jongmense te skep, veral dié uit benadeelde agtergronde.

Deur hierdie kampus te vestig, beoog die NWU om die gaping tussen hoër onderwys en die praktiese bedryf te oorbrug, werk te skep, toekomstige ingenieurs te ontwikkel en tot ekonomiese groei by te dra. Die inisiatief sal ook regeringsprioriteite soos mineraalveredeling en vaardigheidsontwikkeling ondersteun.

Visekanselier en hoof van die Noordwes-Universiteit, prof. Bismark Tyobeka, het die potensiaal daarvan in ‘n verklaring beklemtoon om toegang tot onderwys te verbeter vir diegene in kritieke nood, veral diegene uit lae-inkomste agtergronde.

“Die inisiatief sal nie net werk skep en vaardighede onder die jeug ontwikkel nie, maar dit sal ook mineraalveredeling in die land aansienlik verbeter.”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Smith

As a passionate journalist and photographer, I strive to tell meaningful stories through both words and images. With a keen eye for detail and a love for people and their stories, I aim to capture the heart of every moment and bring local news and community stories to life.

Related Articles

Back to top button