CrimeLocal newsNews

Myn sekuriteit bekamp poging tot transitoroof

Die polisie is steeds opsoek na die verdagtes wat by die poging tot roof betrokke was.

SSG-sekuriteitsbeamptes by ‘n myn in Rustenburg kon daarin slaag om ‘n poging tot transitoroof stop te sit toe die bestuurder van die geldwa by hulle kom hulp soek het.

Die polisie het ‘n ondersoek van stapel gestuur na poging tot transitoroof wat 25 Augustus op die N4 naby Majakaneng, Mooinooi, plaasgevind het.

Brigadier Sabata Mokgwabone, polisiewoordvoerder, sê daar word beweer dat ‘n silwer Mercedes Benz-voertuig die geldwa getref het wat na Rustenburg op pad was.

“Alhoewel die insittendes van die Mercedes Benz skote op die geldwa afgevuur het, het die bestuurder in die bosse ingery en by een van die myne in die gebied aangekom. Daar het SSG-sekuriteitsbeamptes hulp verleen. Die verdagtes se voertuig is later langs die pad aan die brand gevind. Niemand is in hegtenis geneem nie, maar ondersoeke na die saak duur voort om te verseker dat verdagtes opgespoor word.”

Die waarnemende provinsiale kommissaris van Noordwes, generaal-majoor Patrick Asaneng, het die bestuurder van die geldwa en lede van SSG-sekuriteit vir hul dapperheid, moed en vinnige denke geprys.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button